Nehemiah 12:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En by die Fonteinpoort wat teenoor hulle was, het hulle opgeklim met die trappe van die stad van Dawid, by die opgang van die muur, bokant die huis van Dawid, tot by die Waterpoort na die ooste.
Afrikaans (NLV) 2011 By die Fonteinpoort het hulle reguit met die trappe teen die skuinste van die muur opgestap na die Dawidstad toe. Hulle het bokant die paleis van Dawid langs gestap tot by die Waterpoort aan die oostekant.
Afrikaans 1933/1953 En by die Fonteinpoort het hulle, reg voor hulle uit, met die trappe van die Dawidstad opgegaan, waar die muur opgaan bo die huis van Dawid, tot by die Waterpoort teen die ooste.
Afrikaans 1983 By die Fonteinpoort is hulle reguit op met die trappe na die Dawidstad toe, met die skuinste teen die muur bokant die paleis van Dawid langs tot by die Waterpoort aan die oostekant.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle is reguit oor die Fonteinpoort en op met die trappe by die Stad van Dawid, met die steil deel van die muur langs, bo die huis van Dawid verby, tot by die Waterpoort aan die oostekant.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) By die Fontein-poort het hulle reguit opgegaan by die trappe van die Dawidstad, daar waar die muur boontoe gaan, en toe verby die paleis van Dawid tot by die Water-poort by die oostekant.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) By die Fonteinhek is hulle reguit met die trap op wat in die rigting van die Dawidstad gelei het. Hulle het verby Dawid se paleis geloop en van daar af is hulle ooswaarts na die Waterhek toe.