Nehemiah 12:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het ek die vorste van Juda teen die muur laat optrek en twee groot menigte van die loflieds aangestel, waarvan een aan die regterkant op die muur na die mispoort gegaan het.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het die leiers van Juda op die muur laat klim en toe twee groot kore saamgestel om lofliedere te sing. Ek het die een koor suid op die muur langs laat loop tot by die Vullispoort.
Afrikaans 1933/1953 En ek het die owerstes van Juda bo-op die muur laat klim en twee groot kore opgestel en optogte, een na regs bo-op die muur na die Aspoort toe;
Afrikaans 1983 Ek het die leiers van Juda op die muur laat klim en toe twee groot kore saamgestel. Die een het ek suid op die muur langs laat gaan tot by die Vullispoort.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het die leiers van Juda op die muur laat klim, en twee groot kore vir dankliedere opgestel. Die een koor het op die muur in 'n suidelike rigting na die Ashooppoort beweeg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gesê die leiers van Juda moet op die muur klim. Hulle moes in twee groot groepe staan om te sing. Die een groep moes op die muur na die suide toe loop tot by die Vullis-poort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het ek die leiers van Juda op die muur laat klim en twee groot kore saamgestel wat om die stad moes loop terwyl hulle die Here loof en prys. Die een koor het in ’n suidelike rigting al op die muur langs geloop tot by die Mishek.