Nehemiah 12:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Mattánja en Bakbukja, Obadja, Mesullam, Talmon, Akkub was poortwagters wat die wagte by die drumpels van die poorte gehou het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die ander was Mattanja, Bakbukja en Obadja. Mesullam, Talmon en Akkub was deurwagte wat by die voorraadkamers in die poorte diens gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 Matt nja en Bakbukja, Ob dja. Mesullam, Talmon, Akkub was poortwagters wat wag gehou het by die voorraadkamers van die poorte.
Afrikaans 1983 Die ander was Mattanja, Bakbukja, Obadja en Mesullam. Talmon en Akkub was poortwagte wat diens gedoen het by die voorraadkamers in die poorte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mattanja, Bakbukja, Obadja, Mesullam, Talmon en Akkub het in afdelings as poortwagte wag gehou by die voorraadkamers van die poorte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die ander hoofde van die Leviete was Mattanja, Bakbukja, Obadja en Mesullam. Talmon en Akkub was poortwagte wat die stoorkamers by die poorte opgepas het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit was Mattanja, Bakbukja, Obadja en Mesullam. Talmon en Akkub was die hekwagte wat in bevel was van die voorraadkamers by die hekke.