Nehemiah 12:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die owerstes van die Leviete was: Hasabja, Serebja en Jesua, die seun van Kadmiël, met hulle broers teenoor hulle, om te loof en te loof, volgens die bevel van Dawid, die man van God, teenoor mekaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Die leiers van die Leviete was Gasabja, Serebja en Jesua seun van Kadmiël. Oorkant hulle was hulle medewerkers wat die Here moes loof en dank. Die groepe het regoor mekaar gestaan en beurtelings op mekaar gereageer soos Dawid, die man van God, aan hulle voorgeskryf het om te doen.
Afrikaans 1933/1953 En die hoofde van die Leviete was: Has bja, Ser,bja en J,sua, K dmiël, en hulle broers was teenoor hulle om te loof en te dank volgens die bevel van Dawid, die man van God, wag naas wag:
Afrikaans 1983 Die hoofde van die Leviete was Gasabja, Serebja en Jesua seun van Kadmiël. Regoor hulle was hulle ampsgenote wat die Here moes loof en dank volgens die voorskrif van Dawid, die man van God. Die afdelings het regoor mekaar diens gedoen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hoofde van die Leviete was Gasabja, Serebja en Jesua, seun van Kadmiël, met hulle ampsgenote wat, afdeling vir afdeling, teenoor hulle plek ingeneem het om te loof en te dank ooreenkomstig die opdrag van Dawid, die man van God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die hoofde van die Leviete was Gasabja, Serebja en Jesua seun van Kadmiël. Die ander Leviete saam met hulle het voor hulle gestaan om die Here te prys en vir Hom dankie te sê. Dawid, die man van God, het gesê die twee groepe moet só oorkant mekaar staan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die hoofde van die Leviete was Gasabja, Serebja en Jesua die seun van Kadmiël. Tydens die lofprysing-en-aanbiddingsessies het hulle kollegas regoor hulle gestaan volgens Dawid, die man van God, se voorskrif.