Nehemiah 12:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die Leviete in die dae van Eljasib, Jojada en Jóhanan en Jaddua, was opgeteken as familiehoofde: ook die priesters tot die regering van Daríus, die Pers. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Tydens die regering van Darius van Persië, in die tyd van Eljasib, Jojada, Joganan en Jaddua, is die name van die familiehoofde van die Leviete en die priesters opgeskryf. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wat die Leviete betref -- in die dae van Âljasib, Jojada en Johanan en Jaddua is die familiehoofde opgeskrywe, en die priesters tot aan die regering van Dar¡us, die Pers. |
| Afrikaans 1983 | Die familiehoofde van die Leviete is in die tyd van Eljasib, Jojada, Joganan en Jaddua opgeskryf, die priesters tydens die regering van Darius die Pers. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat die Leviete betref: In die tyd van Eljasib, Jojada, Joganan en Jaddua is die familiehoofde opgeskryf, ook dié van die priesters, tot met die regering van Darius die Pers. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die name van die Leviete se familiehoofde is geskryf op die naamlys in die tyd toe Eljasib, Jojada, Joganan en Jaddua die hoëpriesters was. Die name van die priesters is op die naamlys geskryf in die tyd toe Darius koning van die land Persië was. Darius was een van die mense van Persië. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die hoofde van die families van die Leviete is in die tyd van die priesters Eljasib, Jojada, Joganan en Jaddua opgeskryf. Dit was tydens die regering van Darius die Pers. |