Nehemiah 11:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in Jerusalem het sommige van die kinders van Juda en van die kinders van Benjamin gewoon en van die kinders van Juda; Atája, die seun van Ussia, die seun van Sagaria, die seun van Amarja, die seun van Sefátja, die seun van Mahalalel, uit die kinders van Peres; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sommige van die mense van Juda en Benjamin het egter in Jerusalem hervestig: Uit die Judastam was daar: Ataja seun van Ussia, seun van Sagaria, seun van Amarja, seun van Sefatja, seun van Mahalalel, uit die familie van Peres. |
| Afrikaans 1933/1953 | En in Jerusalem het van die kinders van Juda en van die kinders van Benjamin gewoon. Van die kinders van Juda: At ja, die seun van Uss¡a, die seun van Sagar¡a, die seun van Am rja, die seun van Sef tja, die seun van Mehal leël, van die seuns van Peres; |
| Afrikaans 1983 | In Jerusalem het die volgende Judeërs en Benjaminiete gewoon: Judeërs: Ataja seun van Ussia, seun van Sagaria, seun van Amarja, seun van Sefatja, seun van Mahalalel, uit die nageslag van Peres; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en in Jerusalem het sommige uit die nageslag van Juda en Benjamin gewoon. Uit die nageslag van Juda was dit: Ataja, seun van Ussia, seun van Sagaria, seun van Amarja, seun van Sefatja, seun van Mahalalel, uit die nageslag van Peres; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party mense van die stamme Juda en Benjamin het in Jerusalem gewoon. Van die Juda-stam was daar Ataja seun van Ussia seun van Sagaria seun van Amarja seun van Sefatja seun van Mahalalel. Hulle was van die nageslag van Peres. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sommige van die mense uit Juda en Benjamin het hulle in Jerusalem gaan hervestig. Uit die stam van Juda was dit: Ataja die seun van Ussia, die seun van Sagaria, die seun van Amarja, die seun van Sefatja, die seun van Mahalalel, almal uit die nageslag van Peres; |