Nehemiah 11:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sanoag, Adullam en in hulle dorpe, in Lagis en sy velde, in Aséka en in sy dorpe. En hulle het gewoon van Berseba af tot by die dal Hinnom.
Afrikaans (NLV) 2011 in Sanoag en Adullam en die dorpies naby hulle, in Lakis en die omringende oop velde en in Aseka en die dorpies in die omgewing. Hulle was dus gevestig oor die gebied van Berseba af tot by Hinnomdal.
Afrikaans 1933/1953 Sanoag, Adullam en hulle dorpe, Lagis en sy buiteveld, As,ka en sy onderhorige plekke; en hulle het in laers gestaan van Bers,ba af tot by die dal Hinnom.
Afrikaans 1983 in Sanoag en Adullam en die nedersettings by hulle, in Lakis en sy boerderygebied en in Aseka en sy buiteposte. Hulle was dus gevestig oor die gebied van Berseba af tot by Hinnomdal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) in Sanoag, Adullam en hulle gehuggies, in Lagis met sy landerye en in Aseka en sy omliggende dorpies. Hulle het hulle in die gebied vanaf Berseba tot by die Hinnomdal gevestig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sanoag, Adullam en die woonplekke daar naby, in die stad Lakis en in die veld daar naby, in die stad Aseka en die dorpe daar naby. Hulle het gewoon van Berseba tot by die Hinnom-vallei.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het ook in Sanoag en Adullam en die nedersettings by hulle gebly. Hulle het in Lakis en op die plase daar naby gebly, asook in Aseka met sy omringende dorpies. Hulle het dus in die gebied gebly wat strek van Berseba in die suide tot by die vallei van Hinnom in die noorde.