Nehemiah 11:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit is die owerstes van die provinsie wat in Jerusalem gewoon het: maar in die stede van Juda het elkeen in sy besitting in hulle stede gewoon, naamlik Israel, die priesters en die Leviete en die Nethinims en die kinders van Salomo bediendes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hier volg nou ’n lys van die name van die leiers van die provinsies wat na Jerusalem toe gekom het. Die meeste van die mense, priesters, Leviete, tempelwerkers en van die nageslag van Salomo se dienaars, het in hulle eie huise in die verskillende dorpe van Juda bly woon. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit is die hoofde van die provinsie wat in Jerusalem gewoon het. In die stede van Juda het hulle elkeen in sy besitting in hulle stede gewoon: Israeliete, die priesters en die Leviete en die tempelbediendes en die kinders van die dienaars van Salomo. |
| Afrikaans 1983 | Hier volg 'n lys van die hoofde van die provinsie Juda wat in Jerusalem gewoon het. Israel, die priesters, die Leviete, die tempelslawe en die nakomelinge van die amptenare van Salomo het oral in die stede van Juda gewoon, elkeen op sy eie grond in sy eie stad. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hier volg die hoofde van die provinsie wat in Jerusalem gewoon het. In die dorpe van Juda het Israel, die priesters, die Leviete, die tempeldienaars en die nageslag van Salomo se dienaars, in hulle eie dorpe gewoon, elkeen op sy eiendom, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hier is die name van die hoofde van die provinsie Juda wat in Jerusalem gewoon het. In die ander stede van Juda het elkeen op sy eie plek gewoon: die Israeliete, die priesters, die Leviete, die tempel-slawe en die nageslag van die slawe van Salomo. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hier volg nou ’n lys van die name van die hoofde van provinsies wat in Jerusalem gaan woon het. Die meeste van die mense, die priesters, die Leviete, die tempelwerkers en die nageslag van Salomo se amptenare het in hulle eie huise op hulle eie grond in hulle eie stad bly woon. |