Nehemiah 11:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En vir die dorpe met hulle landerye het van die kinders van Juda gewoon in Kirjat-Arba en in sy onderhorige plekke en in Dibon en in sy onderhorige plekke en in Jekabseël en in sy dorpe; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sommige van die Judeërs in die landelike gebiede met hulle velde het in Kirjat-Arba en in die dorpies daar rondom gewoon. Dit was in Dibon en die omringende gebiede, in Kabseël en die dorpies daar naby, |
| Afrikaans 1933/1953 | En wat die dorpe in hulle buiteveld betref, van die kinders van Juda het gewoon in Kirjat-Arba en sy onderhorige plekke, en in Dibon en sy onderhorige plekke, en in Jek bseël en sy dorpe, |
| Afrikaans 1983 | Wat betref die nedersettings met hulle boerderygebiede, daar het van die Judeërs in Kirjat-Arba en sy buiteposte gewoon, in Dimona en sy buiteposte, in Kabseël en die nedersettings by hom, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat die gehuggies met hulle landerye betref: Van die nageslag van Juda het in Kirjat-Arba en sy omliggende dorpies, in Dibon en sy omliggende dorpies en in Kabseël en sy gehuggies gewoon; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party Judeërs het gewoon in plekke naby hulle grond. Hulle het gewoon in die stad Kirjat-Arba en die dorpe daar naby, in die stad Dibon en die dorpe daar naby, in die stad Kabseël en die woonplekke daar naby, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Baie mense het in dorpe naby hulle plase gebly. Dié uit die stam van Juda het in Kirjat-Arba, Dimona en in Kabseël en in van die ander kleiner nedersettings in hulle omgewing gebly. |