Nehemiah 11:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die oorblyfsel van Israel, van die priesters en die Leviete, was in al die stede van Juda, elkeen in sy erfdeel.
Afrikaans (NLV) 2011 Die res van Israel en van die priesters en Leviete het oral in die dorpe van Juda gewoon, elkeen op hulle familiegrond.
Afrikaans 1933/1953 En die ander Israeliete, priesters en Leviete, was in al die stede van Juda, elkeen in sy erfdeel.
Afrikaans 1983 Die res van Israel en van die priesters en Leviete het oral in die stede van Juda gewoon, elkeen op sy eie stuk grond.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan was daar die res van Israel, die priesters, die Leviete, in al die dorpe van Juda, elkeen op sy erfdeel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die ander Israeliete, en die ander priesters en Leviete was in die stede van Juda. Elkeen het op sy eie grond gewoon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die res van Israel en die priesters en Leviete het oral in die stede van Juda op hulle familiegrond gebly.