Nehemiah 11:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die volk het al die manne geseën wat hulle vrywillig aangebied het om in Jerusalem te woon.
Afrikaans (NLV) 2011 Sommige mense het vrywillig in Jerusalem gaan woon. Die mense het hulle net die beste toegewens.
Afrikaans 1933/1953 En die volk het al die manne geseënwat hulle vrywillig aangebied het om in Jerusalem te woon.
Afrikaans 1983 Die volk het egter al die manne geprys wat aangebied het om in Jerusalem te woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die volk het al die mense wat gewillig was om in Jerusalem te woon, seën toegewens.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense het almal geprys wat self besluit het om in Jerusalem te woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar was mense wat bereid was om uit hulle eie in Jerusalem te gaan bly; hiervoor het die ander mense baie groot waardering gehad.