Nehemiah 11:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Mattanja, die seun van Miga, die seun van Sabdi, die seun van Asaf, was die hoof om die danksegging in gebed te begin; en Bakbukja, die tweede onder sy broers, en Abda, die seun van Sammua, die seun van Galal, die seun van Jeduthun.
Afrikaans (NLV) 2011 Mattanja seun van Miga, seun van Sabdi, seun van Asaf, wat in beheer van die sang was, moes die lofprysing by die gebed behartig. Verder was daar Bakbukja, tweede in rang onder sy ampsgenote, en Abda seun van Sammua, seun van Galal, seun van Jedutun.
Afrikaans 1933/1953 En Matt nja, die seun van Miga, die seun van Sabdi, die seun van Asaf, leier van die lofsang, wat die "Loof Hom" aanhef by die gebed; en Bakbukja, die tweede in rang onder sy broers; en Abda, die seun van S mmua, die seun van Galal, die seun van Jedutun.
Afrikaans 1983 Mattanja seun van Miga, seun van Sabdi, seun van Asaf, wat in beheer van die sang was, moes die lofprysing by die gebed behartig. Verder was daar Bakbukja, tweede in rang onder sy ampsgenote, en Abda seun van Sammua, seun van Galal, seun van Jedutun.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mattanja, seun van Miga, seun van Sabdi, seun van Asaf, die voorsanger wat die lofsang by die gebed moes aanhef; Bakbukja, die tweede in bevel onder sy ampsgenote; Abda, seun van Sammua, seun van Galal, seun van Jedoetoen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en Mattanja, die leier van die koor wat die Here geprys het en vir Hom dankie gesê het. Mattanja was die seun van Miga seun van Sabdi seun van Asaf. Daar was ook Bakbukja, die tweede broer van Mattanja, en Abda seun van Sammua seun van Galal seun van Jedutun.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mattanja die seun van Miga, die kleinseun van Sabdi, ’n afstammeling van Asaf, was die koorleier. Hy het hulle in die gebed van danksegging gelei. Bakbukja was Mattanja se assistent. Daar was ook Abda die seun van Sammua, die seun van Galal, die seun van Jedutun.