Nehemiah 10:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die priester, die seun van Aäron, moet by die Leviete wees as die Leviete tiendes neem;
Afrikaans (NLV) 2011 Daar sal ’n priester uit Aäron se familie by die Leviete wees as hulle die tiendes ontvang. Die Leviete sal ’n tiende van alle tiendes wat hulle insamel na die tempel toe bring en in die stoorkamers wegbêre.
Afrikaans 1933/1953 En die priester, die seun van Aäron, moet by die Leviete wees as die Leviete die tiendes invorder, en die Leviete moet 'n tiende van die tiendes na die huis van onse God bring, in die kamers van die skathuis.
Afrikaans 1983 'n Priester uit die nageslag van Aäron sal die Leviete vergesel wanneer hulle tiendes insamel. Die Leviete sal een tiende van die ingesamelde tiendes na die huis van ons God toe bring, na die opslagplekke by die voorraadkamer toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Priester, die nakomeling van Aäron, sal by die Leviete teenwoordig wees wanneer hulle die tiendes insamel. En die Leviete moet 'n tiende van die tiendes opneem na die huis van ons God, na die vertrekke van die stoorplek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester uit die nageslag van Aäron sal saam met die Leviete gaan wanneer hulle die tiendes bymekaarmaak. Die Leviete sal een tiende van die tiendes na die tempel van ons God bring. Hulle sal dit in die stoorkamers sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “’n Priester uit die geslag van Aäron moet saam met die Leviete kom wanneer hulle die tiendes kom haal. Hiervan moet die Leviete dan een tiende in die voorraadkamer van die tempel gaan bêre.