Nehemiah 10:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dat ons die eerstelinge van ons deeg en ons offergawes en die vrugte van allerhande bome, wyn en olie, na die priesters, na die kamers van die huis van ons God, moet bring; en die tiendes van ons grond aan die Leviete, sodat dieselfde Leviete die tiendes in al die stede van ons bewerking kan hê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons sal ons beste meel en koring, ons beste vrugte, nuwe wyn en olyfolie bring. Ons sal dit opgaar in die stoorkamers van ons God se tempel. Ons sal ook vir die Leviete ’n tiende bring van alles wat ons land oplewer. Hulle versamel mos die tiendes in al die dorpies waar ons werk. |
| Afrikaans 1933/1953 | en dat ons die eerstelinge van ons growwe meel en van ons offergawes en van die vrugte van allerhande bome, van mos en olie, sou bring vir die priesters in die kamers van die huis van onse God en die tiendes van ons grond vir die Leviete, terwyl hulle, die Leviete, die tiendes sou invorder in al ons landboustede. |
| Afrikaans 1983 | “Ons sal die eerste deeg ná die oes, ons offergawes en die eerstelinge van alles wat ons bome oplewer, van ons wyn en olie, na die opslagplekke van die huis van ons God bring vir die priesters, en die tiendes van ons gesaaides vir die Leviete. “Die Leviete sal tiendes insamel in al die stede waar ons werk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en ons eerste baksel, ons •wydingsgeskenke en die vrug van elke boom wat •nuwe wyn en olie lewer, sal ons na die vertrekke, by die huis van ons God bring vir die priesters. En die tiendes van ons grond is vir die Leviete. Dit is hulle, die Leviete, wat die tiendes sal insamel in al die dorpe waar ons werk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Ons sal die eerste deeg wat ons knie nadat ons die koring afgesny het, na die priesters toe bring, en ook ons presente en vrugte van elke boom, en wyn en olyf-olie. Ons sal dit bring na die kamers by die tempel van ons God, en ons sal die tiende van al ons koring vir die Leviete gee. Die Leviete sal die tiendes bymekaarmaak in al die stede waar ons werk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ons sal die eerste deeg wat na die koringoes gemaak word vir die priesters by die tempel vat. Ook die beste van ons ander graanprodukte, ons vrugte, ons wyn en ons olyfolie. Hier kan dit in die voorraadkamers van die tempel gebêre word. Ons sal ’n tiende van ons gesaaides vir die Leviete gee. Hulle sal dit in al die gebiede waar daar gesaai word, kom insamel. |