Nehemiah 10:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook die eersgeborenes van ons seuns en van ons vee, soos geskrywe is in die wet, en die eersgeborenes van ons beeste en van ons kleinvee, om na die huis van onse God te bring, na die priesters wat in die huis van ons dien God:
Afrikaans (NLV) 2011 Soos die wet vereis, sal ons ons oudste seuns en die eerste kalf en lammetjie na die tempel van God bring. Ons sal hulle bring na die priesters wat by die tempel van ons God diens doen.
Afrikaans 1933/1953 en om die eersgeborenes van ons seuns en ons vee, soos geskrywe staan in die wet, en die eersgeborenes van ons grootvee en ons kleinvee te bring in die huis van onse God vir die priesters wat diens doen in die huis van onse God;
Afrikaans 1983 “Soos dit in die wet voorgeskryf is, sal ons ons eersgebore seuns en die eersgeborenes van ons vee, van ons beeste sowel as van ons kleinvee, na die priesters toe bring wat in die huis van ons God diens doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en, soos geskryf staan in die Wet, om die eersgeborenes van ons seuns en ons vee, die eersgeborenes van ons beeste en ons kleinvee, te bring na die huis van ons God, vir die priesters wat diens doen in die huis van ons God;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ons sal ons oudste seuns en die eerste kalwers en lammers van ons diere, van ons beeste, ons skape en ons bokke, na die priesters toe bring wat in die tempel werk. Ons sal dit doen soos die wette sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ons sal volgens die voorskrif van die Here se woord ons oudste seuns na die tempel toe vat en hulle daar aan die Here toewy deur die vasgestelde prys aan die tempel oor te betaal. Ons sal dieselfde doen met die eerstelinge van ons vee, ons beeste, sowel as ons kleinvee. Ons sal hulle vir die priesters bring wat in die tempel van ons God diens doen sodat hulle daarvan kan leef.