Nehemiah 10:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en om jaar na jaar die eerstelinge van ons grond en die eerstelinge van al die vrugte van al die bome in die huis van die HERE te bring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ons sal ook elke jaar die eerste graan wat ons oes of die eerste vrugte van al die bome na die Here se tempel toe bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | en om die eerstelinge van ons grond en die eerstelinge van allerhande vrugtebome jaar vir jaar in die huis van die HERE te bring; |
| Afrikaans 1983 | “Ons sal die eerstelinge van ons gesaaides en die eerstelinge van al die vrugtebome elke jaar na die huis van die Here toe bring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons onderneem om, jaar ná jaar, die eerste vrugte van ons grond en die eerste vrugte van elke boom, te bring na die huis van die Here; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Ons sal elke jaar die eerste koring en gars wat ons afsny, na die tempel bring, en ook die eerste vrugte wat ons pluk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ons sal elke jaar van die eerste graan wat ons oes en van die eerste vrugte wat ons van die vrugtebome afpluk tempel toe vat as ’n offer om vir die Here dankie te sê. |