Nehemiah 10:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ons het die lot onder die priesters, die Leviete en die volk gewerp vir die houtoffer, om dit in die huis van onse God te bring, volgens die huise van ons vaders, op tye wat jaar na jaar vasgestel is, om dit op die altaar te verbrand van die HERE onse God, soos geskrywe is in die wet: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Daar was ook hout nodig wat volgens die wet op die altaar by die tempel van die Here ons God moes brand. Ons het lootjies getrek om te besluit wanneer die families van die priesters, die Leviete en die gewone mense volgens vasgestelde beurte die hout moes bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ons, die priesters, die Leviete en die volk het die lot gewerp oor die lewering van hout, om dit volgens ons families op vasgestelde tye jaar vir jaar te bring na die huis van onse God om vuur te maak op die altaar van die HERE onse God soos geskrywe staan in die wet; |
| Afrikaans 1983 | “Ons, priesters, Leviete sowel as die ander mense, het geloot om te bepaal wanneer dit elke familie se beurt is om, op die vasgestelde tyd elke jaar, die heffing van brandhout vir die altaar van die Here ons God na die huis van ons God toe te bring soos dit in die wet voorgeskryf is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons, die priesters, die Leviete en die volk het die lot gewerp oor die lewering van hout, om dit volgens families, na die huis van ons God te bring, jaar ná jaar, op vasgestelde tye, sodat dit op die altaar van die Here, ons God, kan brand, soos geskryf staan in die Wet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Ons priesters, ons Leviete en die ander mense het lootjies getrek om te sien watter familie elke jaar op die regte tyd die hout moet bring om op die altaar van ons God die Here aan die brand te steek. Hulle moet dit doen soos die wette sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ons sal op ’n rotasiebasis sorg dat die priesters, die Leviete en die volk volgens hulle families verantwoordelikheid neem om hout te voorsien vir die offers wat op die altaar van die Here ons God gebring word. Ons sal al die voorskrifte hieroor nakom. |