Nehemiah 10:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vir die toonbrode en vir die voortdurende spysoffer en vir die voortdurende brandoffer, van die sabbatte, van die nuwemane, vir die feestye en vir die heilige dinge en vir die sondoffers om vir Israel versoening te doen, en vir al die werk van die huis van onse God.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit sal voorsiening maak vir die offerbrood, die gereelde graanoffers en brandoffers, offers op die Sabbat, Nuwemaanfeeste en die jaarlikse feeste. Verder ook vir spesiale gewyde dae, offers om Israel se sondes te versoen en vir ander werk by ons God se tempel.
Afrikaans 1933/1953 vir die toonbrode en die voortdurende spysoffer en die voortdurende brandoffer, die offers van die sabbatte, van die nuwemane, vir die feestye en vir wygawes en vir sondoffers om vir Israel versoening te doen, en vir enige dienswerk in die huis van onse God.
Afrikaans 1983 vir die offerbrood, die gereelde graanoffer, die gereelde brandoffer, die offers op sabbatte, nuwemane, vasgestelde feestye en besondere gewyde dae, vir die sondeoffer om vir Israel versoening te doen, en vir al die werk in die huis van ons God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) vir die brood, gerangskik in rye, vir die gereelde •graanoffer en •brandoffer op die Sabbatte, op die nuwemaansfeeste en op die vaste feestye, vir die •heilige gawes en die •reinigingsoffers om versoening te doen vir Israel, en vir al die take in die huis van ons God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hierdie geld is om te betaal vir die offer-brood, die koring-offer en die brand-offer elke dag, vir die offers op die Sabbatdag, die Nuwemaan-feeste en die ander feeste, en vir die gewyde presente en die sonde-offers. Die priesters moet daarmee versoening doen vir die volk. Hulle sal al die ander werk in die tempel van ons God ook met daardie geld betaal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is nou vir die offerbrood, die gereelde graanoffer, die gereelde brandoffer van ’n lam in die oggend en ’n lam in die aand, ook vir die offers op die sabbat, nuwemaansfeeste en die ander jaarlikse feeste; vir die spesiaal afgesonderde dae wat aan die Here gewy word en vir die offers vir Israel se sondes om hulle verhouding met die Here in orde te kry; en ook vir al die ander werk in God se woning in Jerusalem.