Nehemiah 10:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as die mense van die land op die sabbatdag ware of enige lewensmiddele bring om te verkoop, dat ons dit nie op die sabbat of op die heilige dag van hulle sou koop nie; en dat ons die sewende jaar sou verlaat en die dwang elke skuld.
Afrikaans (NLV) 2011 Verder, as die mense van die land handelsware of koring bring om op die Sabbat of op ’n dag wat aan die Here gewy is, te verkoop, sal ons weier om dit te koop. Ons sal ook elke sewende jaar nie die grond bewerk nie en alle skuld kanselleer.
Afrikaans 1933/1953 en as die volke van die land koopware en allerhande soorte koring bring om op die sabbatdag te verkoop, dat ons niks van hulle sou neem op die sabbat of op 'n heilige dag nie; en dat ons in die sewende jaar die land braak sou laat lê en van elke skuldvordering afsien.
Afrikaans 1983 “Wanneer die heidene handelsware of graan op die sabbatdag bring om te verkoop, sal ons dit nie op die sabbat of op enige gewyde dag van hulle koop nie. “Ons sal die grond al om die sewende jaar onbewerk laat lê en alle skulde vryskeld.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En die volke van die land wat hulle handelsware of enige graan op die Sabbatdag bring om te verkoop – ons sal dit nie van hulle aanvaar op die Sabbat of op 'n heilige dag nie. En ons sal die sewende jaar die grond onbewerk laat lê en van alle skuldinvordering afsien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Wanneer die ander mense op die Sabbatdag goed of koring bring om te verkoop, dan sal ons dit nie van hulle koop nie, nie op die Sabbatdag of op 'n ander gewyde dag nie. “In die sewende jaar sal ons nie ons lande ploeg of saai nie en ons sal sê mense moenie betaal wat hulle vir ons skuld nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wanneer die ongelowiges hulle handelsware of koring op ’n sabbat of enige ander dag wat spesiaal aan die Here gewy word na ons toe bring, sal ons dit nie koop nie. “Ons sal ook elke sewende jaar nie ons landbougrond bewerk nie en ons sal almal se skuld kanselleer.