Nehemiah 10:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het by hulle broers, hulle edeles, aankleef en in die vloek en in 'n eed gekom om te wandel in die wet van God wat gegee is deur Moses, die kneg van God, en om al die gebooie van die HERE onse HERE te onderhou en te doen, en sy verordeninge en sy insettinge; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | het hulle leiers se voorbeeld gevolg. Hulle het ’n plegtige belofte afgelê om te leef volgens die wet van God wat Moses, die dienaar van God, aan die volk gegee het. Hulle het ook beloof om gehoorsaam te wees aan al die gebooie van die Here ons God en aan sy reëls en voorskrifte. |
| Afrikaans 1933/1953 | het by hulle broers, die vername manne onder hulle, aangesluit, en hulle het onder eed en met beswering hulleself verplig om te wandel in die wet van God, wat deur die diens van Moses, die kneg van God, gegee is, en om te hou en te doen al die gebooie van die HERE onse Here, en sy verordeninge en sy insettinge; |
| Afrikaans 1983 | het hulle aangesluit by hulle ampsgenote en leiers. Hulle het 'n dure eed afgelê om te leef volgens die wet van God wat deur Moses, die dienaar van God, aan die volk gegee is, en om gehoorsaam te wees aan al die gebooie van die Here, ons Here, en aan sy bepalings en voorskrifte. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het aangesluit by hulle eie volksgenote, die vernames onder hulle, en hulleself met 'n vervloeking en eedswering daaraan verbind: “om die wet van God te volg wat by monde van Moses, die dienskneg van God, gegee is, om dit na te kom en om al die gebooie van die Here, ons Heer, sy beslissings en vaste voorskrifte, uit te voer, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | *** |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | het hulle leiers se voorbeeld gevolg. Hulle het ’n eed afgelê om volgens die Here se wil te leef soos Hy dit deur sy dienaar Moses bekendgemaak het. Verder het hulle ook belowe om al die Here ons God se voorskrifte te gehoorsaam. |