Nehemiah 10:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die res van die volk, die priesters, die Leviete, die poortwagters, die sangers, die tempelbediendes en almal wat hulle afgesonder het van die mense van die lande volgens die wet van God, hulle vroue, hulle seuns en hulle dogters, elkeen wat kennis en insig het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die res van die volk wie se name op die geseëlde dokument was, was die priesters, Leviete, poortwagte, sangers en die tempelwerkers. Verder ook al die ander mense wat hulle van die heidenvolke afgeskei het om die wet van God te gehoorsaam. Hierdie groep wat bestaan het uit die vroue en seuns en dogters wat reeds kon verstaan waaroor dit gaan, |
| Afrikaans 1933/1953 | En die res van die volk, die priesters, die Leviete, die poortwagters, die sangers, die tempelbediendes en almal wat hulle afgesonder het van die volke van die lande tot die wet van God, hulle vroue, hulle seuns en hulle dogters, almal wat enigsins kon verstaan, |
| Afrikaans 1983 | Die res van die gemeente, priesters, Leviete, poortwagte, sangers, tempelslawe en al die ander wat hulle van die heidenvolke afgeskei het met die oog op die wet van God, vrouens, seuns, dogters, almal wat reeds die nodige begrip gehad het, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die res van die volk, die priesters, die Leviete, die poortwagte, die sangers, die tempeldienaars, en almal wat hulle van die volke van ander lande afgesonder het in navolging van die wet van God, met hulle vroue, seuns en dogters – elkeen wat kon verstaan – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [28-29] Die ander mense het saam met mekaar en saam met hulle leiers belowe dat hulle sal doen wat die wette van God sê, die wette wat Moses, die dienaar van God, vir die volk gegee het. Hulle het gesê dat God hulle kan doodmaak as hulle nie gehoorsaam is aan al die gebooie van die Here, ons Here, nie, as hulle nie gehoorsaam is aan alles wat Hy besluit het en gesê het nie. Hierdie mense was die priesters, die Leviete, die poortwagte, die mense wat moes sing, die tempel-slawe, almal wat apart gegaan het, weg van die ander volke in die land. Hulle het weggegaan sodat hulle kan doen wat die wette van God sê. Hulle vroue, hulle kinders en almal wat kon verstaan, het ook saam met hulle gegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die res van die volk, die priesters, Leviete, tempelwagte, sangers en die ander tempelwerkers en al die ander mense wat hulle bande met die heidenvolke verbreek het om God te dien, asook hulle vroue en kinders, almal wat oud genoeg was om self ’n besluit te kon neem, |