Nahum 3:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Is jy beter as die bevolkte No, wat tussen die riviere geleë was, wat die waters rondom het, wie se walle die see was, en sy muur was van die see af? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Is jy enigsins beter as Tebes, gevestig aan die Nyl, ’n stad omring met riviere, beskut met water aan alle kante? |
| Afrikaans 1933/1953 | Is jy beter as No-Amon wat gelê het aan die Nylstrome, met waters rondom hom; wie se voorskans die groot water was, waters sy muur? |
| Afrikaans 1983 | Is jy beter as No-Amon, die stad aan die Nyl, omring deur water, beskut deur massas water? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Is jy beter as No-Amon, gevestig aan die Nyl en omring deur water, waarvan die voormuur 'n see van water was, waarvan die stadsmuur ook water was? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Nineve, jy is nie beter as die stad No-Amon nie. No-Amon is langs die Nyl-rivier, en daar is water rondom die stad om die stad te beskerm. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nineve, hoe kan jy enigsins dink dat jy beter daaraan toe is as Thebe? Die Egiptiese stad Thebe was dan omring met die water van die Nyl. Dit was soos ’n muur wat die stad aan alle kante beskerm het. |