Nahum 3:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit sal gebeur dat almal wat na jou kyk, van jou af sal vlug en sê: Nineve is verwoes; wie sal haar betreur? waar sal ek vir jou troosters soek?
Afrikaans (NLV) 2011 Almal wat jou sien, sal met afgryse wegdraai en sê: ‘Nineve lê heeltemal verwoes, maar wie gee om?’ Waar kry Ek iemand om jou te troos?”
Afrikaans 1933/1953 sodat elkeen wat jou sien, van jou af sal wegvlug en sê: Verwoes is Ninev,! Wie sal met haar medelyde hê? Waar sal ek troosters vir jou gaan soek?
Afrikaans 1983 dat elkeen wat jou sien, van jou af sal padgee en sê: “Nineve is verwoes! Wie is daar wat hom jammer kry? Waar sal ek gaan soek na mense wat jou kan troos?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan sal elkeen wat jou sien, van jou af wegvlug en sê, ‘Nineve is verwoes! Wie sal meegevoel met haar hê? Waar sal ek iemand kry wat jou kan troos? ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Almal wat jou sien, sal weggaan van jou en sê: ‘Nineve is verwoes!’ Niemand sal daaroor jammer wees nie. Ek kry niemand wat jou kan troos nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sal die rug vir jou draai en sê: “Nineve is verwoes, maar wie gee enigsins om?” Dit sal in die toekoms moeilik wees om iemand te kry wat saam met Nineve sal wil werk. Nineve sal nie vriende hê nie.