Nahum 3:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, Ek het dit teen jou, spreek die HERE van die leërskare; en Ek sal jou slips op jou aangesig ontdek en jou skaamte aan die nasies toon en aan die koninkryke jou skande. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here, die Almagtige, sê: “Ek is jou vyand! Ek sal jou rokke bo-oor jou gesig oplig sodat die hele wêreld jou naaktheid en skande kan aanskou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, Ek het dit teen jou, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal jou slippe optel oor jou aangesig en nasies jou naaktheid laat sien en koninkryke jou skande. |
| Afrikaans 1983 | Ek tree teen jou op, sê die Here die Almagtige: Ek sal al jou klere uittrek, Ek sal volke jou kaal liggaam laat sien, koninkryke die skande van jou naaktheid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Dis Ek teen jou, Nineve!” is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte. “Ek sal jou some oor jou gesig oplig; Ek sal die nasies jou naaktheid laat sien, koninkryke jou skaamte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Nou is Ek teen jou,” sê die Here wat oor alles regeer. “Ek sal met jou doen soos 'n mens met 'n slegte vrou doen: Ek sal jou rok optel sodat die ander volke jou kaal liggaam kan sien. Hulle sal sien jy is 'n slegte vrou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here wat groot en magtig is, sê: Ek is jou vyand, Nineve! ’n Mens verneder iemand as jy sy klere uittrek en hom kaal voor mense laat staan. Ek sal dit ook met jou doen. Ek sal jou in die oë van die wêreld verneder deur jou swak te laat lyk. |