Nahum 3:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vanweë die menigte van die hoererye van die bevoorregte hoer, die meesteres van die towery, wat nasies verkoop deur haar hoererye en families deur haar towerye. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nineve, die mooi en sedelose vrou, is die oorsaak hiervan, sy wat guns wen met haar betowering, wat volke verslaaf met haar onsedelikheid en families met haar toorkuns. |
| Afrikaans 1933/1953 | Weens die veelheid van die hoererye van die hoer vol bevalligheid, 'n meesteres in towerkunste, wat nasies met haar hoererye verkoop het en volkstamme met haar towerkunste. |
| Afrikaans 1983 | Dit kom van die hoer Nineve se onsedelikheid, die mooi vrou met haar toorkunste, wat volke verwoes het met haar hoerery, nasies met haar toorkunste. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Alles as gevolg van die hoerery van die prostituut, die aanvallige meesteres van heksery, wat nasies verkwansel het deur haar hoerery, volksgroepe deur haar heksery. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Nineve, dit sal alles gebeur omdat jy soos 'n prostituut is, 'n mooi vrou wat getoor het. Jy het ander mense gevat, en hulle het jou slawe geword. Jy het alles gevat wat hulle het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoekom gebeur dit? ’n Mens hoef nie te ver te soek vir ’n rede hoekom hierdie straf gegee is nie: Nineve het haar dikwels soos ’n los vrou gedra. Sy was ’n baie mooi vrou. Sy het jou maklik betower. Maar sy het dit gebruik om volke te verlei. Sy het hulle geleer om haar gode te aanbid. Só het sy hulle in haar mag gekry. |