Nahum 3:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar is geen genesing van jou kneusplek nie; jou wond is swaar; almal wat die vrugte van jou hoor, sal oor jou hande klap; want op wie het jou boosheid nie gedurigdeur gekom nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jou wond kan nie meer genees nie, jou siekte is noodlottig. Almal wat van jou ondergang hoor, klap hulle hande van blydskap. Want wie het nie onder jou wreedheid gely nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Daar is geen herstel vir jou verbreking nie; jou wond is ongeneeslik; almal wat die tyding omtrent jou verneem, slaan hulle hande saam oor jou; want oor wie het jou boosheid nie voortdurend heengegaan nie? |
| Afrikaans 1983 | Jy is verwoes, en jy sal nie herstel nie, jou wond is dodelik; almal wat die tyding oor jou verneem, klap hande daaroor, want wie het nie almal voortdurend onder jou wreedhede gely nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar is geen herstel vir jou ineenstorting nie. Jou wond is ongeneeslik. Almal wat die nuus oor jou hoor, sal daaroor hande klap, want wie het nie voortdurend onder jou wreedheid deurgeloop nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nineve, die vyande sal jou verwoes, en niemand sal jou weer bou nie. Al die mense sal bly wees, almal wat hoor wat met jou gebeur het. Hulle sal hande klap, want jy het wrede dinge gedoen aan almal. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jou omstandighede is soos ’n wond wat nie gesond wil word nie. Uiteindelik gaan ’n mens daarvan dood. Dis die einde, niks kan aan jou omstandighede gedoen word nie. Dit is soos dood. Jou wreedheid het nie grense gehad nie. Baie mense het swaar onder jou wreedheid gely. Vir hulle is die nuus van jou ondergang baie goeie nuus. Hulle is verskriklik bly daaroor! |