Nahum 3:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U herders sluimer, o koning van Assirië; u edeles sal in die stof woon; u volk is verstrooi op die berge, en niemand versamel hulle nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning van Assirië, jou leiers sluimer, jou vername mense slaap. Jou volk is op die berge versprei, met niemand wat hulle versamel nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jou herders sluimer, o koning van Assur, jou edeles lê daar, jou volk is op die berge verstrooi, en niemand versamel hulle nie. |
| Afrikaans 1983 | Jou regeerders sluimer, koning van Assirië, jou vername mense slaap, jou manskappe is verstrooi op die berge en daar is niemand wat hulle bymekaarmaak nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Koning van Assirië, jou herders slaap; jou vername mense rus. Jou manskappe is verstrooi oor die berge; niemand bring hulle bymekaar nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning van Assirië, die leiers van jou mense slaap. Jou mense het gevlug en hulle is oral op die berge. Daar is niemand wat hulle bymekaarmaak nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | O koning van Assirië, jy kan nie langer op jou leiers vertrou nie, hulle is almal dood. Die situasie is hopeloos, want jou mense is oraloor verstrooi. Hulle het niemand om hulle te lei nie. |