Nahum 3:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jou kroon is soos die sprinkane, en jou owerstes soos die groot sprinkane wat op die koue dag in die heinings kamp opslaan, maar as die son opkom, vlug hulle weg, en hulle plek is nie bekend waar hulle is nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jou wagte is soos sprinkane, jou beamptes soos treksprinkane. Hulle drom saam op die klipmure om die koue te oorleef. Maar as die son opkom, vlieg hulle weg en niemand weet waarheen nie.
Afrikaans 1933/1953 Jou wagters is soos treksprinkane, en jou amptenare is soos swerms sprinkane wat op 'n koue dag op die heining sit -- die son breek deur, en hulle vlieg weg, en niemand weet waar hulle beland het nie.
Afrikaans 1983 en jou wagte is soos treksprinkane, jou bevelhebbers is soos 'n swerm sprinkane wat op die klipmure sit solank dit koud is, maar as die son opkom, vlieg hulle weg en niemand weet waarheen nie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die mense aan jou hof is soos treksprinkane, en jou amptenare soos 'n swerm sprinkane wat op 'n koue dag op die mure sit – as die son deurbreek, vlieg hulle weg. Die plek waarheen hulle gaan, is onbekend.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat die stad moes oppas, en die amptenare, is soos sprinkane wat na 'n ander plek vlieg. Die swerms sprinkane sit op die klipmure wanneer dit koud is, maar wanneer dit warm word, dan vlieg hulle weg, en niemand weet waarnatoe hulle gaan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jou offisiere en jou amptenare is mooiweersvriende. Wanneer hulle iets uit ander mense kan kry wat vir hulle goed is, werk hulle so mooi saam. ’n Mens dink nogal jy kan hulle vertrou. Maar hulle is gou om te verdwyn as hulle dink hulle gaan êrens anders iets beters kry.