Nahum 3:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U het u handelaars vermenigvuldig bo die sterre van die hemel: die kankerwurm verwoes en vlieg weg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jou stad is vol handelaars, talryk soos sterre in die hemel. Soos ’n swerm sprinkane stroop hulle die land en vlieg weg. |
| Afrikaans 1933/1953 | al het jy jou koopmans meer gemaak as die sterre aan die hemel -- die voetgangers vervel en vlieg weg! |
| Afrikaans 1983 | Jy het mos meer handelaars gehad as wat daar sterre aan die hemel is. Maar as sprinkane vervel het, vlieg hulle weg, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy het jou handelaars meer gemaak as die sterre aan die hemel, maar voetgangersprinkane vervel en vlieg weg! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle handelaars was meer as die sterre in die lug, maar hulle is nou weg. Hulle is weg soos sprinkane wat wegvlieg wanneer hulle klaar gevreet het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die handelaars wat met julle besigheid doen, is so baie soos die sterre in die hemel, maar dit sal julle nie regtig help nie. Soos sprinkane sak hulle toe en vat wat hulle kan kry. Maar as hulle klaar is, verdwyn hulle en laat niks agter wat vir ander mense goed is nie. |