Nahum 3:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar sal die vuur jou verteer; die swaard sal jou uitroei, dit sal jou verteer soos 'n kankerwurm; maak jou baie soos die kankerwurm, maak jou baie soos die sprinkane.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar sal julle deur vuur verteer word, of deur die swaard sneuwel, soos sprinkane wat julle verorber. Vermeerder soos sprinkane, word baie soos treksprinkane!
Afrikaans 1933/1953 Daar sal die vuur jou verteer, die swaard jou uitroei, jou verslind net soos voetgangersprinkane. Al vermenigvuldig jy soos voetgangers, al vermenigvuldig jy soos treksprinkane;
Afrikaans 1983 Selfs dáár sal die vuur jou verteer, die swaard jou uitroei, jou vernietig asof jy 'n sprinkaan is. Word so baie soos sprinkane, vermeerder soos sprinkaanswerms!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar sal die vuur jou verteer, die swaard jou afmaai. Dit sal jou verorber soos voetgangersprinkane. Vermeerder maar soos voetgangersprinkane, word maar so baie soos treksprinkane!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sal brand in die vuur. Die vyande sal julle doodmaak soos sprinkane. Julle het so baie geword soos sprinkane.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar eintlik sal dit nie veel help om al hierdie dinge reg te kry nie. Selfs daar waar julle dink julle is veilig, sal julle doodbrand of in die geveg sterf. Soos sprinkane landerye eet dat daar niks oorbly nie, so sal die vyand met julle klaarspeel. Dit sal julle nie eens help dat julle baie mense is nie.