Nahum 3:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Skep vir jou waters vir die beleëring, versterk jou vestings; gaan in klei en trap die klei, maak die steenoond sterk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maak gereed vir die inval! Gaar water op, versterk jou vestings! Gaan staan in die kleiput, brei die klei! Versterk die steenvorms! |
| Afrikaans 1933/1953 | Skep vir jou water vir die beleëring, versterk jou vestings, gaan in die modder en trap klei, gryp die steenvorm. |
| Afrikaans 1983 | Skep vir jou water vir die beleëring, versterk jou vestings; spring in die modder, trap dit tot klei, gryp die steenvorm! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Skep maar vir jou water vir die beleg! Versterk maar jou versterkte stede! Gaan kleigat toe en trap die klei! Vat die steenvorm vas! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet genoeg water gaan haal en dit bêre, want julle vyande sal kom wag rondom die stad se mure. Julle moet die stad se sterk mure nog sterker maak. Julle moet bakstene maak van klei. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maak julle reg, die vyand gaan die stad omsingel! Sorg dat daar genoeg water opgegaar is en maak julle verdedigingsplekke nog sterker. Maak stene van klei wat goed gebrei is. Julle moet ook julle stukkende stadsmuur regmaak. |