Nahum 3:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, jou volk in jou midde is vroue; die poorte van jou land sal wyd oopgemaak word vir jou vyande; die vuur sal jou grendels verteer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kyk na jou soldate, hulle is so swak soos vroue. Jou landsgrense is wawyd oop vir jou vyand. Die sluitbalke van jou poorte is met vuur verbrand. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, jou volk binne-in jou is soos vroue, die poorte van jou land is wyd oopgemaak vir jou vyande, die vuur het jou grendels verteer. |
| Afrikaans 1983 | Jou manskappe is soos vroumense. Die poorte van jou land staan wawyd oop vir jou vyande, vuur verteer jou sluitbalke. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, die manskappe in jou midde is soos vrouens. Vir jou vyande staan die poorte van jou land wawyd oop; vuur het jou sluitbalke reeds verteer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle soldate beteken niks. Hulle is soos 'n klomp vroue. Die poorte van julle stad sal oop wees, julle vyande sal die deure in die poorte verbrand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jou soldate sal ook nie dapper wees soos eintlik van hulle verwag word nie. Jou landsgrense sal wyd oop wees soos ’n hek wat afgebrand is. Jou vyande sal baie maklik daar kan inkom. Daar sal niks wees wat in hulle pad staan of hulle keer nie. |