Nahum 3:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al jou vestings sal wees soos vyebome met eersteryp vye; as hulle geskud word, sal hulle selfs in die mond van die eter val.
Afrikaans (NLV) 2011 Al jou vestings is soos vyebome met die eerste ryp vye. Wanneer ’n mens die boom skud, val die vye in die mond van die eter.
Afrikaans 1933/1953 Al jou vestings is vyebome met voorvye: as 'n mens skud, val hulle in die mond van die eter.
Afrikaans 1983 Al jou vestings is soos vyebome met ryp voorvye: as die bome geskud word, val die vye in die eter se mond!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al jou versterkte stede is vyebome met vroeë vye; as die bome geskud word, val die vye in die eter se mond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al julle sterk huise is soos ryp vye in vyebome. Wanneer jy die bome skud, dan val die vye in jou mond. So maklik sal julle vyande julle sterk huise vat.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is maklik om ryp vye van ’n vyeboom af te skud en te eet. Net so maklik sal dit vir die vyand wees om Nineve se wegkruipplekke, wat veronderstel was om veilig te wees, in te neem.