Nahum 3:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook sal jy dronk wees; jy sal verborge wees, ook sal jy krag soek vanweë die vyand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nineve, ook jy sal slinger soos ’n dronkaard. Uit vrees vir die vyand sal jy soek na ’n skuiling, na ’n beskerming van die vyand. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook jy sal dronk word, beneweld wees, ook jy sal 'n toevlug soek teen die vyand. |
| Afrikaans 1983 | Ook jý sal dronk raak en beneweld word, ook jý sal soek na 'n skuilplek teen die vyand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ook jy sal dronk word en verward wees. Ook jy sal 'n toevlugsoord teen vyande soek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Mense van Nineve, julle sal nie weet waar julle is nie, soos dronk mense. Julle sal ook 'n plek soek waar julle kan wegkruip vir julle vyande. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dieselfde gaan met jou gebeur, Nineve! Jy sal so bang wees dat jy jou dronk sal drink in die hoop dat dit jou sal help. Jy sal ook ’n wegkruipplek probeer kry waar jou vyand jou nie sal kry nie. |