Nahum 3:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar sy is weggevoer, sy het in ballingskap gegaan; ook haar jong kinders is bo-op al die strate verpletter; en hulle het die lot gewerp oor haar eerbare manne, en al haar groot manne is in kettings geboei.
Afrikaans (NLV) 2011 Nogtans is Tebes ingeneem en sy inwoners weggevoer as ballinge. Op die straathoeke is hulle babas doodgeslaan. Die lot is gewerp oor belangrike leiers, vernames is met kettings geboei.
Afrikaans 1933/1953 Nogtans het dit as gevangene in ballingskap gegaan; nogtans is sy kinders by al die straathoeke verpletter, en oor sy edeles is die lot gewerp, en al sy groot manne is met kettings geboei.
Afrikaans 1983 Selfs No-Amon het 'n balling geword en is in gevangenskap weggevoer; ook sý babatjies is verpletter op al die straathoeke; sy aansienlikes is uitgeloot, al sy vername manne is met kettings geboei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Selfs sy was bestem vir ballingskap; sy moes in gevangenskap gaan. Ook háár kleuters is verbrysel op al die straathoeke. Oor haar edelmanne is geloot, al haar vername mense is met kettings geboei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die vyande het die mense van No-Amon gevang en weggevat na 'n ander land. Die vyande het die babas doodgemaak in die strate, en hulle het lootjies getrek om te sien wie kry elkeen 'n belangrike mens om sy slaaf te wees. Hulle het die belangrike mense vasgemaak met kettings en hulle weggevat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En tog is Thebe deur ’n vyand ingeval. Hulle het die mense van die stad gevang en hulle na ’n ander land toe weggevat. Nog erger as dit, die invallers het die klein kindertjies op die straathoeke doodgeslaan. Die soldate het ook lootjies getrek oor wie die belangrike mense van Thebe as hulle slawe gaan kry. Hulle het die leiers met kettings vasgebind.