Nahum 3:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wee die bloedige stad! dit is alles vol leuens en roof; die buit gaan nie weg nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit sal sleg gaan met Nineve, stad van moord en leuens. Vol met buit, maar roof sonder ophou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wee die bloedstad wat louter bedrog, vol geweld is, terwyl rowery nie ophou nie! |
| Afrikaans 1983 | Ellende wag vir jou, bloedbevlekte stad; jy is vol bedrog, gevul met buit, jy hou nie op met roof nie! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wee die stad van bloed! Sy is geheel en al net leuens; van wat geroof is, is sy vol, en die rooftogte hou nie op nie! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Dit sal sleg gaan met Nineve. Die mense van die stad het baie mense vermoor. Hulle is skelm, die stad is vol goed wat hulle van ander mense gevat het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar lê swaarkry vir jou voor, Nineve! Mense dink aan jou as ’n stad waar mense mekaar vermoor en bedrieg asof dit iets is wat sommer elke dag gebeur. Kyk maar net, jy is altyd vol gesteelde goed en jou mense hou net aan om te steel. |