Micah 7:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sal die grimmigheid van die HERE dra, omdat ek teen hom gesondig het, totdat Hy my saak verdedig en vir my regspraak hou; Hy sal my na die lig uitbring, en ek sal sy geregtigheid aanskou.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal die straf van die Here verduur, want ek het teen Hom gesondig. As dit eers verby is, sal Hy my saak opneem teen my vyande. Hy sal reg aan my laat geskied. Hy sal weer lig in my lewe bring en ek sal sy regverdigheid sien.
Afrikaans 1933/1953 Die toorn van die HERE sal ek dra, want ek het teen Hom gesondig; totdat Hy my saak verdedig en my reg verskaf. Hy sal my uitlei in die lig; ek sal met welgevalle sien hoe Hy geregtigheid oefen.
Afrikaans 1983 Ek sal aanvaar dat die Here my straf in sy toorn, want ek het teen Hom gesondig. Wanneer Hy my saak verhoor en oor my uitspraak lewer, sal Hy weer lig bring in my lewe, sal ek ondervind dat Hy die oorwinning gee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die striemende toorn van die Here sal ek dra – want ek het teen Hom gesondig – totdat Hy my saak verdedig en my reg handhaaf. Hy sal my uitlei na die lig; ek sal sy geregtigheid met genoegdoening ervaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons het sonde gedoen teen die Here, en daarom sal ons tevrede wees wanneer Hy ons straf. Maar Hy sal ons weer help. Hy sal dit goed laat gaan met ons. Hy sal die donker wegvat en Hy sal ons na die lig bring. Hy sal ons red.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons het verkeerde dinge gedoen en die Here het nie daarvan gehou nie. Ons moet daarom doodgewoon ons straf vat. Maar as dit eers verby is, sal die Here sorg dat dinge weer vir ons reg loop. Dit sal vir ons voel of Hy ons uit die donkerte bring na die lig toe. Ons sal weet dit is die Here wat ons laat wen teen ons vyande.