Micah 7:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wees nie bly teen my nie, o my vyand; as ek val, sal ek opstaan; as ek in duisternis sit, sal die HERE vir my 'n lig wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | My vyande, julle moenie julle oor my verlekker nie! Ek het geval, maar ek sal weer opstaan. Al sit ek nou in duisternis, die Here is ’n lig vir my. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wees nie bly oor my nie, o my vyandin! Al het ek geval, ek staan weer op; al sit ek in duisternis, die HERE is 'n lig vir my. |
| Afrikaans 1983 | Moet jou nie oor my verlekker nie, my vyand, al het ek tot 'n val gekom, ek sal weer opstaan, al sit ek in die donker, die Here is my lig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moet jou nie oor my verlustig nie, my vyand. Al het ek geval, ek staan weer op; al sit ek in die donker, die Here is vir my 'n lig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van Jerusalem sê vir hulle vyande: “Julle moenie bly wees omdat dit so sleg gaan met ons nie. Ons het geval, maar ons sal weer opstaan. Ons sit in die donker, maar die Here is ons lig. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Miga het namens Israel gepraat en gesê: “Ons vyande kry verniet so lekker omdat ons swaarkry. Dit is so dat ons geval het, maar ons sal weer opstaan. Dit voel vir ons of ons in die donkerte sit, maar ons weet die Here sal vir ons soos ’n lig wees. |