Micah 7:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die seun onteer die vader, die dogter staan op teen haar moeder, die skoondogter teen haar skoonmoeder; 'n man se vyande is die manne van sy eie huis. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Seun sal sy pa verag. ’n Dogter sal opstandig wees teen haar ma en ’n skoondogter teen haar skoonma. Jou vyande sal in jou eie huis wees! |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die seun minag die vader, die dogter staan op teen haar moeder, die skoondogter teen haar skoonmoeder, die man se vyande is sy huisgenote! |
| Afrikaans 1983 | Die seun beledig sy pa, die dogter kom in opstand teen haar ma, die skoondogter teen haar skoonma. 'n Man se huismense het sy vyande geword. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want die seun hou sy vader vir 'n dwaas; die dogter kom in opstand teen haar moeder, 'n skoondogter teen haar skoonmoeder en 'n man se eie huismense is sy vyande. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Seuns respekteer nie meer hulle pa’s nie, dogters is parmantig met hulle ma’s, en skoondogters met hulle skoonma’s. 'n Man se eie familie is sy vyande. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit sal sleg gaan tussen die ouers, kinders en skoonouers. Die seuns dink hulle pa is dom. Die meisies en skoondogters is opstandig teen hulle ma en skoonma. Jy hoef nie eens ver te soek vir jou vyand nie, hy is sommer in jou huis. |