Micah 7:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vertrou nie op 'n vriend nie, vertrou nie op 'n gids nie; bewaar die deure van jou mond vir haar wat in jou boesem lê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Tel jou woorde! Moet niemand vertrou nie, nie eers ’n beste vriend of selfs jou vrou of man nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Vertrou geen metgesel nie, maak op geen vriend staat nie, let op die poorte van jou mond teenoor haar wat in jou skoot lê. |
| Afrikaans 1983 | Moenie 'n maat vertrou nie, moenie op 'n vriend staatmaak nie, pasop wat jy sê vir die vrou langs wie jy lê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moenie 'n vriend vertrou nie! Moenie op 'n boesemvriend staatmaak nie! Wees versigtig wat jy sê vir die vrou wat in jou arms lê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy kan nie meer glo wat jou vriend vir jou sê nie. Jy moet oppas wat jy vir jou vrou sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Moet niemand vertrou nie, nie eens jou man of jou vrou of selfs jou beste vriend nie. Tel jou woorde! |