Micah 7:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die beste van hulle is soos 'n distel: die opregtes is skerper as 'n doringheining; die dag van u wagte en u besoeking kom; nou sal hulle verwarring wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Die bestes onder hulle is soos ’n gifplant, die eerlikstes soos ’n bos met gevaarlike dorings. Maar die dag van afrekening is baie naby. Dit sal ’n tyd van groot chaos wees.
Afrikaans 1933/1953 Die beste van hulle is soos 'n doringstruik, die mees opregte erger as 'n doringheining. Die dag van jou wagte, jou besoeking, kom; nou sal hulle verwarring daar wees.
Afrikaans 1983 Die beste onder hulle is soos 'n gifplant, die opregte erger as 'n doringheining. Die dag van jou straf kom, wees op die uitkyk daarvoor! Hulle sal binnekort in verwarring raak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die beste onder hulle is soos 'n doringstruik, die opregtes onder hulle is erger as 'n doringheining. Die dag van hulle wat jou dophou, die dag om met jou af te reken, is op pad. Nou gaan die verwarring wat hulle tref, aanbreek!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die beste amptenare en regters is soos 'n bos vol dorings. Dit lyk of hulle reg lewe, maar hulle is sleg. Die dag sal nou kom, die dag wanneer die Here hulle sal straf. Hulle sal nie meer weet wat om te doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die bestes onder hierdie klomp bedrieërs is erger as ’n gifplant of selfs ’n bos met gevaarlike dorings. ’n Mens kan hulle doodeenvoudig nie vertrou nie. Maar dít moet hulle weet, die dag wanneer die Here hulle gaan begin straf, is baie naby. Chaos gaan dan losbreek.