Micah 7:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dat hulle met albei hande ernstig kan doen wat kwaad is, vra die vors, en die regter vra om beloning; en die groot man, hy spreek sy onheilspellende begeerte uit; daarom sluit hulle dit toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle hande staan vir niks verkeerd as dit by verkeerd doen kom nie. Die amptenare eis omkoopgeld net soos die regters. Mense in belangrike posisies maak hulle wense bekend, sweer met hulle saam en verdraai dan die reg. |
| Afrikaans 1933/1953 | Na die kwaad gaan die hande uit, om dit dapper te doen. Die vors eis, en die regter vra betaling, en die groot man spreek die begeerte van sy siel uit, en hulle verdraai dit alles. |
| Afrikaans 1983 | Al wat die regeerder vra, is dat hulle goed moet sondig; die regter vra omkoopgeld, die vername praat net oor wat hy begeer. Hulle verdraai alles. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Albei hande staan gereed om kwaad te doen; die •hoë amptenaar en ook die regter vra 'n omkoopgeskenk. Ja, die vername is die een wat sê wat hy wil hê, en hulle verbind mense daartoe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle weet baie goed hoe om verkeerd te doen. Die amptenare en die regters vra geld wanneer hulle iets moet doen. Die belangrike mense sê wat hulle wil hê en hulle kry dit. Waar hulle is, is alles sleg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle is goed geskool in die kuns om verkeerde dinge te doen. Die ministers en die regters verwag omkoopgeld vir gunsies. Hulle is kop in een mus met mense in belangrike posisies wat maar net kan sê wat hulle graag wil hê en dan gebeur dit so. |