Micah 7:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U sal die waarheid aan Jakob bewys en aan Abraham die goedertierenheid wat U aan ons vaders met 'n eed beloof het van die dae af.
Afrikaans (NLV) 2011 Reeds lank gelede het U aan ons voorvaders, Jakob en Abraham, u trou en liefde met ’n eed belowe. Betoon dit nou ook aan ons.
Afrikaans 1933/1953 U sal trou bewys aan Jakob, goedertierenheid aan Abraham, wat U aan ons vaders met 'n eed beloof het sedert die dae van die voortyd.
Afrikaans 1983 U sal getrou wees teenoor Jakob, liefde betoon aan Abraham, soos U in die voortyd aan ons voorvaders met 'n eed beloof het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U sal aan Jakob trou bewys, aan Abraham die troue liefde wat U aan ons voorouers met 'n eed beloof het in die voortyd.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U sal die Israeliete nie los nie. U sal altyd lief wees vir die nageslag van Abraham. U het dit belowe aan ons voorvaders, lank gelede.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Lank terug in die verlede het die Here aan Abraham en sy nageslag beloof dat Hy altyd vir hulle sal sorg. Hulle sal ook altyd weet dat Hy vir hulle lief is.”