Micah 7:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die goeie mens het uit die aarde vergaan, en daar is geen opregtes onder die mense nie; hulle loer almal op bloed; hulle jag elkeen sy broer met 'n net.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die gelowige mense het verdwyn. ’n Mens kry nie meer eerlike mense nie. Hulle is almal moordenaars, hulle stel vernietigende strikke vir hulle eie mense.
Afrikaans 1933/1953 Die vrome het verdwyn uit die land, en daar is geen opregte meer onder die mense nie; hulle loer almal op bloed; hulle jaag elkeen sy broer met die net.
Afrikaans 1983 Daar is nie meer 'n gelowige in die land nie, onder die mense kry jy nie 'n opregte nie, almal stel strikke om moord te pleeg, hulle maak met vangnette jag op hulle broers.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die getroues het uit die land verdwyn, en daar is glad nie meer opregtes onder die mense nie. Hulle almal lê en wag om bloed te vergiet; hulle maak jag op mekaar met nette.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar is niemand in die land wat lewe soos die Here dit wil hê nie. Almal wil mense vermoor, hulle wil mekaar doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So gaan dit in die land ook. Daar is nie meer mense wat in die Here glo nie. ’n Mens kry ook nie meer eerlike mense nie. Om die waarheid te sê, hulle bedrieg en vermoor hulle eie mense soos niks.