Micah 7:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy sal weer omdraai, Hy sal Hom oor ons ontferm; Hy sal ons ongeregtighede onderwerp; en U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp.
Afrikaans (NLV) 2011 U sal weer medelye hê met ons. U sal ons sonde onder u voete vertrap, dit weggooi in die diepte van die see!
Afrikaans 1933/1953 Hy sal Hom weer oor ons ontferm, ons ongeregtighede vertree; ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp.
Afrikaans 1983 Hy sal ons weer genade betoon, Hy sal ons sonde tot niet maak, U sal al hulle sondes in die diepsee gooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) wat ons weer genadig sal wees, ons skuld sal vertrap. U sal al ons sondes in die dieptes van die see gooi.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U sal weer goed wees vir ons, U sal ons sonde stukkend trap en dit in die see gooi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sal ons weer jammer kry. Al die verkeerde dinge wat ons gedoen het, sal Hy onder sy voete vertrap. Hy sal nog meer as dit doen, Hy sal dit baie diep in die see gooi. Dit sal so goed wees of hierdie verkeerde dinge nooit eers gedoen is nie.