Micah 7:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle sal die stof lek soos 'n slang, hulle sal uit hul gate beweeg soos wurms van die aarde; hulle sal bang wees vir die HERE onse God en vir U vrees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die volke sal dan besef dat hulle nikswerd is. Hulle sal soos slange oor die grond seil, soos kruipende gediertes op die aarde. Hulle sal bewend uit hulle skuilings na die Here ons God toe kom, bevrees en bang vir sy teenwoordigheid. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle sal stof lek soos die slang, hulle sal soos grondkruipers bewende uit hulle vestings te voorskyn kom, hulle sal sidderende kom na die HERE onse God, en hulle sal vir U vrees. |
| Afrikaans 1983 | Hulle sal stof eet soos die slange wat op die grond seil, hulle sal bewe en uit hulle wegkruipplekke uitkom na die Here ons God toe. Hulle sal skrik en vir U bang wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sal stof lek soos 'n slang, soos dié wat op die grond seil. Hulle sal sidderend uit hulle kerkers kom; na die Here ons God sal hulle bewend gaan, ja, hulle sal vir U bang wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sal stof lek soos slange wat op die grond seil. Hulle sal bewe en uit hulle wegkruip-plekke kom na ons God die Here toe. Hulle sal skrik, hulle sal bang wees vir Hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sal dan weet dat hulle nie veel werd is nie. Hulle sal wees soos slange wat laag op die grond seil. Hulle sal bang en bewerig uit hulle lêplekke kom omdat hulle weet die Here is daar. |