Micah 7:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die nasies sal dit sien en beskaamd staan van al hulle mag; hulle sal hul hand op hul mond lê, hul ore sal doof wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Die nasies van die wêreld sal verbaas staan oor wat die Here vir julle sal doen. Hulle sal skaam kry oor hulle kragteloosheid. Hulle sal stomverbaas staan, hulle ore sal doof word.
Afrikaans 1933/1953 Die nasies sal dit sien en skaam wees ondanks al hulle krag: hulle sal die hand op die mond lê, hulle ore sal doof word.
Afrikaans 1983 Die nasies sal dit sien en teleurgestel staan, al was hulle ook hoe sterk. Hulle sal stilbly, hulle sal hulle doof hou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die nasies sal dit sien en beskaamd staan, sonder al hulle heldhaftigheid. Hulle sal die hand op die mond lê, hulle ore sal doof word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die volke sal dit sien en hulle sal nie weet wat om te doen nie. Hulle sal niks kan doen nie, hulle sal hulle monde en hulle ore toedruk met hulle hande.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volke van die wêreld sal stom van verbasing wees oor wat die Here vir sy mense doen. Hulle sal skaam wees omdat hulle eie krag skielik na niks lyk nie as hulle kyk na wat die Here doen. Hulle sal hulle monde en ore toedruk van skok.