Micah 7:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat u volk wei met u staf, die kudde van u erfdeel wat alleen in die bos woon, in die middel van Karmel; laat hulle wei in Basan en Gílead soos in die dae van ouds. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kom lei u volk soos ’n herder, die kudde wat aan U behoort! Hulle wei alleen in ’n bos in Karmel. Laat hulle weer soos vroeër wei tot in Basan en Gilead. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wei u volk met u staf, die kudde wat u erfdeel is, wat afgesonderd woon in 'n bosveld op Karmel; laat hulle wei in Basan en G¡lead soos in die ou dae. |
| Afrikaans 1983 | Pas jou volk op met jou kierie, die kleinvee wat aan jou behoort, wat alleen wei in die Karmelbos. Hulle sal in Basan en Gilead wei soos lank gelede. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Pas u volk op met u staf, die kleinvee wat u eiendom is, wat eensaam woon in 'n bos in die middel van 'n vrugbare gebied. Laat hulle in Basan en Gilead wei, soos in die ou tyd. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Jy moet jou volk oppas. Jy moet die skape en bokke wat aan jou behoort, laat wei. Hulle is nou alleen in die bos op Karmel-berg. Hulle moet weer in die lande Basan en Gilead wei, soos lank gelede.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Israel vra die Here om hulle te versorg en te beskerm soos ’n herder met sy skape maak. Hulle bly nou baie eenkant en alleen soos mense in ’n bos. Rondom hulle is die grond baie vrugbaar. Hulle wens dat die Here hulle sal toelaat om weer hierdie grond te gebruik waar alles so goed groei en groen is. Jare terug het hulle dit gedoen. |