Micah 7:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In dié dag sal hy ook na jou toe kom van Assirië en van die versterkte stede en van die vesting tot by die rivier, en van see tot see en van berg tot berg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In dié tyd sal mense van verskillende lande kom om eer aan julle te bring. Hulle sal van Assirië af kom tot by Matsor in Egipte, van Matsor af tot by die Eufraat, van see tot see en van berg tot berg. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is 'n dag dat hulle na jou sal kom van Assur en die stede van Egipte, en van Egipte tot by die Eufraat, en van see tot see, en van berg tot berg. |
| Afrikaans 1983 | Dié dag sal hulle na jou toe kom van Assirië af tot by die vestingstede, van die vestingstad af tot by die Eufraat, van die een see af tot by die ander en van die een berg af tot by die ander. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is die tyd wanneer hulle tot by jou sal kom, van Assur en die stede van Egipte, ja, van Egipte tot by die Rivier, van see tot see en berg tot berg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie dag sal jou mense na jou toe terugkom uit Assirië en uit Egipte, van die Eufraat-rivier en van oral in die wêreld. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer hierdie tyd aanbreek wat Israel verwag, sal mense van oral na hulle toe kom. Hulle sal van Assirië, Egipte en die gebied by die Eufraat af kom. Verder sal hulle ook van die verste see en die verste berge af kom. |