Micah 7:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan sal sy wat my vyand is, dit sien, en skaamte sal haar bedek wat vir my gesê het: Waar is die HERE jou God? my oë sal haar aanskou; nou sal sy vertrap word soos die modder van die strate. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal my vyande sien dat Hy aan my kant is. Hulle sal skaam kry omdat hulle my gespot het deur te sê: “Waar is die Here jou God?” Ek sal toekyk terwyl hulle soos modder op die strate vertrap word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook sal my vyandin dit sien, en skaamte sal haar bedek wat vir my sê: Waar is die HERE, jou God? My oë sal met welgevalle op haar neersien. Nou sal sy vertrap word soos modder van die strate. |
| Afrikaans 1983 | My vyand sal dit sien, hy sal deur skaamte oorval word, hy wat vir my vra: “Waar is die Here jou God?” Ek sal op my vyand neersien, hy sal plat getrap word soos modder op die straat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My vyand sal dit sien en deur skaamte oorval word, sy wat vir my vra: “Waar is die Here jou God?” My oë sal met genoegdoening na haar kyk. Sy sal dan vertrap word soos modder op straat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van Jerusalem sê: “Ons vyande sal dit sien, en hulle sal nie weet wat om te doen nie. Hulle het vir ons gesê: ‘Waar is julle God die Here? Hy help julle nie.’ Nou sal ons sien wat met hulle gebeur: Hulle vyande sal op hulle trap soos hulle op die modder in die strate trap.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons vyande het gespot en gesê: ‘Waar is die Here julle God heen, is Hy weg?’ As ons vyande sien hoe die Here ons laat wen, sal hulle baie skaam kry oor hulle astrante houding. Ons sal lekker kry as hulle verneder word. Hulle sal soos modder wees wat in die strate lê en waarop mense trap. |